Header Artwork
AfriForum skenk hulppakket aan kleuterskool

AfriForum se Lydenburg-tak het in samewerking met AfriForum Onderwys ’n skolehulppakket aan Lydenburg Preprimêr geskenk. Hierdie pakket bevat handreiniger, ’n termometer, ’n handreinigerstaander en klaskamerplakkate wat goeie higiëne in skole aanmoedig.

Meer as 60 hoër- en laerskole in Mpumalanga is die afgelope twee maande van soortgelyke pakkette voorsien en die waarde daarvan beloop al meer as R300 000.

“Die inperking het groot nadelige gevolge veroorsaak en sake vir skole bemoeilik. Ons is dankbaar om skole op hierdie manier te kan help om volgens die voorgeskrewe regulasies te heropen,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by dié en ander soortgelyke projekte betrokke te raak. Sluit by AfriForum se Lydenburg-tak aan: SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN