Header Artwork
AfriForum sit vervolging van vermeende verkragter voort

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag sy vervolging van ’n vermeende verkragter in die streekhof op Somerset-Oos voortgesit.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, verteenwoordig Celeste Gouws, die slagoffer, wat in 2017 in haar eie huis verkrag is nadat sy vermoedelik bedwelm is. Dit volg nadat die Direkteur van Openbare Vervolgings in die Oos-Kaap geweier het om vervolging teen die verdagte, Isaac Andile Memese, in te stel, ten spyte van oorweldigende bewyse teen hom.

AfriForum is van mening dat die hantering van die saak tot op hede daarop dui dat daar politieke inmengery in die saak was, siende dat Memese en sy familie politieke bande het. Die saak is al drie maal vantevore uitgestel vir verhoor weens vertragings deur Memese se regspan. Memese het vandag in die beskuldigdebank verskyn, geklee in ’n ANC-baadjie.

Sy regspan het weereens gepoog om die verhoor te vertraag deur te beweer dat hul nog nie die videobewyse onder oë gehad het nie. Nel het bewyse voorsien wat aandui dat die beeldmateriaal al twee maal aan Memese en sy regspan verskaf is. Ten spyte hiervan het die verdediging aangedring op meer tyd om die beeldmateriaal te bestudeer. Die saak is uitgestel na Woensdag 14 Julie.

“Dit is voor die hand liggend dat die beskuldigde en sy regspan doelbewus die saak probeer vertraag. Dit is nou maar net nog ’n voorval waar die regsproses vroueslagoffers faal, pleks om hul te help beskerm en dit wek ernstige kommer oor die stand van die strafregstelsel. Die slagoffer se hele lewe is verwoes weens hierdie voorval en sy verdien geregtigheid,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN