Header Artwork
AfriForum se Worcester-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Worcester het op 17 Februarie ’n aanlyn vergadering via Zoom gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer het. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende mense is tot die bestuur verkies: Lindi Smit (voorsitter), Andries Lingenfelder (ondervoorsitter), Stefanie Hugo (tesourier), Jolize van der Merwe (sekretaris), Ruan Butler (gemeenskapsveiligheid), Morné le Roux (plaaslikeregeringsake), Bianca Jacobs (omgewingsake) en Tanya Tesner (jeug).

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep.”

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Worcester” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN