Header Artwork
AfriForum se Worcester-tak reik uit na plaaslike organisasie in nood

Die AfriForum-tak in Worcester het op 2 April 2020, in die lig van die huidige COVID-19-krisis en as deel van AfriForum se nasionale #AfriForumStaanSaam-projek, ’n omgee-skenking aan die plaaslike Vereniging vir mense met Sensoriese Gestremdhede (VSG) in Worcester gemaak.

Meer as 40 produkte – wat nie-bederfbare voedsel en skoonmaakmiddels insluit – is aan die Sean Kelly VSG in Worcester geskenk, as ’n gebaar van uitreiking tydens die tyd van inperking.

“Dit is vir die bestuur van die Worcester-tak belangrik om in hierdie onseker tyd uit te reik en ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Ons bedank elkeen wat betrokke was en ’n bydrae gemaak het tot die suksesvolle afloop van dié projek,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se Worcester-tak betrokke – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Worcester” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN