Header Artwork
AfriForum se Wolmaransstad-tak ruim dorp op

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het in Februarie baie hard gewerk om die dorp skoner en veiliger te kry. Voordat die skole heropen het, het die tak die sypaadjies by die Hoërskool skoongemaak en gesny. Die sypaadjies rondom Diamantoord is ook skoongemaak. Terselfdertyd word die sypaadjies en klein boompies met gif gespuit om die groei te beheer.

Die stormwaterslote in Kempstraat is met behulp van ’n laaigraaf wat deur Build It Wolmaransstad verskaf is, oopgemaak sodat die water kan deurvloei. Dit los baie probleme op aangesien die water wat nie kan vloei nie veroorsaak dat die paaie tot niet gaan en vullis die strate vol spoel. Die tak het ook die hoofpad deur die dorp skoongemaak.

Die tak maak met dank gebruik van die hulp van Working on Fire-lede en bedank ook vir Christo Willemse wat baie gedoen het.

“Die werk wat reeds gedoen is, maak ’n reuseverskil. Die hele gemeenskap sal egter betrokke moet raak om die dorp weer mooi en veilig te maak. Baie dankie aan elkeen wat sy deel doen om ’n verskil te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die tak se projekte betrokke te raak: SMS “Wolmaransstad” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN