Die AfriForum-tak in Witbank het die afgelope week hard gewerk om motoriste se veiligheid te verseker deur sowat 40 slaggate in Theunis Jansonstraat tot by die ingang van Edenpark-aftreeoord op te vul. Die tak beplan ook om binnekort padtekens in Van Rensburgstraat te verf omdat dit tans onsigbaar is en ’n veiligheidsrisiko vir padgebruikers inhou.
“Die plaaslike munisipaliteit versuim steeds om nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen. AfriForum se Witbank-tak het dié projek aangepak omdat dit tot ’n veiliger gemeenskap bydra,” sê Johan Swanepoel, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.
Die tak nooi sakeondernemings en gemeenskapslede uit om by dié projek betrokke te raak.
Stuur ’n e-pos na voorsitter.witbank@antiek.afriforum.co.za en sluit vandag nog by AfriForum se Witbank-tak aan.