Header Artwork
AfriForum se Welkom-tak maak verstopping in rioolpyp oop nadat plaaslike munisipaliteit weier om diens te lewer

AfriForum se Welkom-tak het op 9 Februarie ’n verstopping in die rioolstelsel in Normanstraat oopgemaak nadat die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit versuim het om hul pligte na te kom.

Die projek het gevolg nadat lede van die gemeenskap die tak genader het om te help met die rioolprobleem. AfriForum het onmiddellik ’n kontrakteur genader om die pyp oop te maak en sodoende verdere probleme voorkom.

Volgens Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, is die rioolinfrastruktuur ’n ernstige probleem in die dorp wat dringende ingryping van die munisipaliteit benodig. “Die rioolstelsel is gereeld verstop wat veroorsaak dat vuil water in die strate afloop en in sommige gevalle in mense se erwe uitborrel.”

Morgan sê die probleem hou geweldige gesondheidsrisiko’s vir die gemeenskap in. “Solank as wat die munisipaliteit nie die probleem oplos nie sal AfriForum inspring en die werk self doen. Ons kan nie bloot terugsit en toekyk hoe mense onder dié omstandige moet leef nie.”

AfriForum moedig die gemeenskap aan om probleme aan te meld by die munisipaliteit. Indien hulle geen reaksie kry nie kan die AfriForum-tak daarvan in kennis gestel word.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak aan om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Welkom” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN