Header Artwork


Die AfriForum-tak in Vryburg het op Saterdagoggend 13 April 2019 saam met inwoners die dorp beveilig deur boomtakke, wat stoptekens bedek het, te sny. Dié aksie staan as sien-en-stop bekend.

Hoewel net nege mense opgedaag het, het hulle in ’n kort tydjie ’n merkbare verskil in Stella‑, Vry-, Voortrekker-, Massou- en Kampstraat gemaak. Met die hele dorp se ondersteuning kan AfriForum al die stoptekens in een dag weer sigbaar maak.
Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, wil graag die vrywilligers wat gehelp het, bedank. Mense wat nie self kon help nie het ’n helper en ’n bakkie met ’n waentjie gestuur. Sy bedank ook Water4us wat water aan die vrywilligers verskaf het.

“Alhoewel ons min was, was dit heerlik om saam te werk en te weet jy maak ’n daadwerklike verskil in die dorp waar jy bly. As ’n mens in die strate loop, sien jy hoe baie werk daar is wat ons kan doen om ’n verskil te maak. Dit hoef nie altyd geld te kos nie. Ek wil ’n beroep op Vryburg se inwoners doen om my te kontak dat ons kan reël om ons dorp veiliger en mooier te maak,” sê Pretorius.

SMS “Vryburg” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN