Header Artwork
AfriForum se volhoubare projekte help Bethal

AfriForum se volhoubare selfdoenprojekte is ’n noodsaaklikheid vir Bethal.

Bethal is ’n dorp wat ’n volgehoue onderbreking van munisipale dienslewering ervaar. Juis daarom het die plaaslike AfriForum-tak volhoubare maandelikse of selfs weeklikse projekte geloods om die gemeenskap te help.

AfriForum het in 2018 ná menige wateronderbreking ’n noodwaterpunt opgerig. Dié projek is geloods in samewerking met Hinterland Bethal, Eco Tanks en die AC Kerk, en kan 30 000 liter water aan inwoners van Bethal beskikbaar stel wanneer die watertoevoer onderbreek word. Plaaslike boere hervul dié tenks teen geen koste nie.

Die burgerregteorganisasie het ook onderneem om die sentrale sakegebied skoon te maak en het 30 asblikke uitgeplaas. Kaka-Lai is ook aangestel om dié asblikke weekliks leeg te maak.

AfriForum se Bethal-tak onderhou ook die Nestlé-driehoek deur dit gereeld skoon te maak en die gras daarom te sny.

Die tak het sedert 2017 meer as R300 000 op die herstel van slaggate bestee. Dié projek word finansieel deur verskeie ondernemings en inwoners ondersteun. Spesifieke roetes word herstel sodat inwoners maklik na belangrike gebiede in Bethal kan ry.

Die tak het ook ’n projek van stapel gestuur om straatnaamblokke oor te verf. Die projek is reeds voltooi in strate met bokname en word nou in die omgewing van die Hoërskool Hoogenhout uitgerol. Die projek is daarop gemik om nooddienste se doeltreffendheid te verhoog.

Daar word tans aan ’n volhoubare groenteverbouingsprojek gewerk om instansies soos Bethal se sopkombuis te ondersteun. Ongeveer 1 000 m2 grond is uitgesit om onder skadunet aangeplant te word.

“Ons glo dat volhoubare selfdoenprojekte belangrik is vir die suksesvolle voortbestaan van Bethal. Ons kan nie dat munispale ondoeltreffendheid ons dorp se ondergang beteken nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: Sluit by AfriForum se Bethal-tak aan deur “Bethal” na 45350 te SMS (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN