Die AfriForum-tak in Ventersdorp het in Maart ’n volhoubare skoomaakprojek begin waartydens 9 ton gras en grond deur ’n lid weggery is met ’n laaigraaf. Die projek is gehou op die hoek van Mark- en Aenmaystraat.
Die tak wil graag op ’n volhoubare wyse sulke projekte in die dorp uitvoer sodat die dorp beter kan lyk en veiliger kan wees.
“Ek verwelkom die inisiatief wat hierdie lede aan die dag gelê het om ’n verskil in Ventersdorp te maak. Ons het egter elke inwoner se inkoop nodig om ’n blywende verskil te kan maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Indien u graag op enige wyse by so ’n projek wil betrokke raak, kontak vir Sias by 063 627 0785.
Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. SMS “Ventersdorp” na 45351 (R1) om betrokke te raak.