Header Artwork
AfriForum eis antwoorde oor geheimhouding rakende COVID-19-entstowwe

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n aansoek onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) op die Departement van Gesondheid te beteken. Dit volg nadat die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, verlede week op sosiale media erken het dat die regering vertroulikheidsooreenkomste met entstofvervaardigers moes onderteken as deel van die onderhandelingsproses om entstowwe aan te koop.

AfriForum bevraagteken ook die grondwetlikheid van só ’n ooreenkoms en wil ook weet wie die ooreenkoms onderteken het.

Die regering het onlangs aangekondig dat hy ’n fonds gaan stig om mense te ondersteun wat ernstige newe-effekte weens die entstowwe beleef. AfriForum meen die gebruik van verskeie COVID-19-entstowwe is al in ’n aantal lande verbied weens die newe-effekte wat dit veroorsaak het en as daar wel rede tot kommer is oor die gebruik van die entstowwe, het mense die reg om dit te weet.

“Die entstowwe word met belastingbetalers se geld aangeskaf en daar word van Suid-Afrikaners verwag om hulself met hierdie entstowwe te laat inent. Dit is dus hoogs verdag dat Suid-Afrikaners nie mag weet wat in hierdie vertroulikheidsooreenkomste staan nie. Boonop het die staat dan ’n fonds gestig vir mense wat newe-effekte ervaar as gevolg van die entstowwe. ’n Mens kan nie help om te dink waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

Volgens die organisasie wek die regering se ondeursigtigheid rakende die ooreenkomste heelwat agterdog.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN