Header Artwork
AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang opleiding in toneelhantering en patrollies

Lede van AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 5 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het die opleiding aangebied. Dié veiligheidsmodules het ten doel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak.

“AfriForum is trots om hierdie tipe opleiding aan ons buurtwagte te bied. Dit bemagtig buurtwaglede om misdaad in hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet te bekamp,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Volgens De Jager is professionele opleiding noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur. “AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN