AfriForum se veiligheidstrukture in die suidstreek sal van 16 Desember 2020 tot 10 Januarie 2021 verhoogde sigbaarheidspatrollies, reaksievermoëns en samewerkingsoperasies koördineer. Hierdie aksies sal plaasvind in samewerking met die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye.
Misdaad is veral hoog gedurende die feestyd en sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. Hierdie sigbaarheidspatrollies gaan nie net in dorpe plaasvind nie, maar ook in die landelike gebiede met behulp van AfriForum se plotwagte en plaaswagte.
“Ons wil gemeenskappe aanmoedig om te help met hierdie aksies en waaksaam te wees asook om misdaad, verdagte optredes en wetteloosheid te rapporteer,” sê Mark Kuys, AfriForum se hoof van veiligheid vir die suidstreek.
Raak by jou plaaslike AfriForum-veiligheidstruktuur betrokke en help om misdaad te bekamp. SMS jou naam na 45353 (R1).