Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak vervang stoptekens   

Die AfriForum-tak in Bethal het op 15 Desember drie stoptekens op die hoek van Malherbe- en Wichtstraat in Bethal vervang.

Hierdie stoptekens se borde was beskadig en die pale was afgery of deurgeroes. Die pale wat wel nog in ’n goeie toestand was, is reggemaak en oorgeverf voordat dit weer gebruik is.

Hierdie is ’n baie gevaarlike kruising en daarom is die tekens vervang. Hoërskool Hoogenhout se hoofingang is naby die kruising en leerders se veiligheid was in gedrang gewees,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Sluit aan by AfriForum se Bethal-tak en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN