Header Artwork


Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op Donderdag 2 Mei 2019 ’n veiligheidsaksie saam met die polisie uitgevoer.

Altesaam 14 mense was tydens die klopjag aan diens en het 84 manure by beheerpunte afgelê. Hierdie beheerpunte was soos volg: Beethoven- en Deliusstraat (Butcher Boys), Rossini Boulevard en William Nicolstraat (Stonehaven).

“Die AfriForum-tak en -buurtwag in Vanderbijlpark is vasberade om misdaad in die dorp te bekamp. Inisiatiewe soos hierdie maak dit vir gemeenskapslede moontlik om vry, veilig en voorspoedig te kan voortbestaan,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Ongeveer 248 mense en 178 voertuie het van 19:00-22:00 deur hierdie beheerpunte beweeg. Die AfriForum-buurtwag sal voortgaan om die polisie te ondersteun en in hul stryd teen misdaad by te staan.
Mense wat by hierdie tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na afriforumvdb@gmail.com.
Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN