AfriForum se Upington-tak het tydens Januarie 50 kospakke aan behoeftige gesinne uitgedeel. Elke pak bevat kos ter waarde van R1 100 en weeg 50 kg. Vanweë die COVID-19-pandemie het die Upington-tak besluit om van die gesinne wat hulle inkomste verloor het, by te staan en te help met ’n kosskenking.
Die skenkings was uitgedeel vanaf die Keimoes-, Kakamas-, Kenhardt-, Nous- en Upington-omgewing.
Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Upington” na 32532 (R1).