AfriForum se Teks-tak in Secunda het op Saterdag 6 Maart die eerste fase van hul slaggatprojek vir 2021 afgeskop.
Meer as 1,5 ton teer is reeds gebruik om slaggate mee te herstel. Ronnie Rudolf en Rudie van der Merwe, AfriForum-taklede, het saam met gemeenskapslede ingespring en slaggate by die Eendedam-verkeerslig in Secunda herstel.
“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak en om ons te help om ander slaggate op die dorp te herstel. Ons as bestuur sal die betrokke datums aan die gemeenskap kommunikeer,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.
“Ons wil verskeie sakeondernemings en mense bedank vir hul bydraes om alles moontlik te maak. Dit sluit in Seeff, Mass Hire, dr. Cobus Visser, Trichard Crushers en die gemeenskap vir die lekker worsrolle en die koue koeldrank. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.
Raak vandag nog by AfriForum se Teks-tak in Secunda betrokke: SMS “Secunda Teks” na 45350 (R1).