Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus besoek die Laerskool Kameelfontein

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 12 Mei 2021 besoek afgelê by die Laerskool Kameelfontein in Roodeplaat. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Ons wil vir AfriForum uit ons harte uit bedank vir die praatjie by ons skool. Die kinders het werklik baie geleer en kon elkeen ’n stukkie daarvan vat en dit hul eie maak. Hulle onthou steeds die wapenrusting wat hulle moet aantrek en herinner my ook elke dag daaraan. Baie dankie vir AfriForum se moeite en harde werk in die gemeenskap. Dit gaan verseker nie ongesiens verby nie en daar is groot waardering daarvoor,” sê Rina Noeth, onderwyseres by die Laerskool Kameelfontein.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN