Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek kleuterskole in Centurion

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 11 Junie 2021 by Maroelaland Kleuterskool en Kleuterwoud Kleuterskool in Centurion besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Kinders so jonk as drie jaar kan boeliegedrag toon. Dit is veral belangrik om reeds by kleuterskole te begin met bewusmaking – hoe vroeër hoe beter. Daar kan ’n verskil in laerskole en hoërskole gemaak word as ons reeds begin om in kleuterskole ’n verskil te maak,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN