Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Centurion Christelike Laerskool   

AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 16 Maart 2021 by die Centurion Christelike Laerskool besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, m.a.w. om boeliebestand te wees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Centurion Christelike Laerskool wil AfriForum opreg bedank vir die sinvolle aanbieding wat ons leerders bemagtig het om hulself te help wanneer volwasse hulp nie naby is nie. Boeliegedrag is ‘n euwel wat kinders nie gaan vryspring nie en dis noodsaaklik dat hulle weet hoe om dit te herken. AfriForum se veldtog het ons leerders toegerus om die stryd te stry met die volle wapenrusting van God aan. Dit is vir ons by Centurion Christelike Laerskool baie belangrik dat ons leerders hierdie waardes in hulle alledaagse lewe kan toepas. Dankie vir die visie wat AfriForum toon om ons jeug op te voed in hierdie noodsaaklike onderwerpe,” sê Riandi Robertse, onderwyseres van Centurion Christelike Laerskool.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN