Die AfriForum-takke in Bloemfontein se volhoubare projek om straatname te verf word nou in Hospitaalpark voortgesit. Dié projek is in 2020 aangepak en AfriForum se kontrakteurs het reeds die straatname in Fichardtpark en Pellissier geverf.
Die straatnaamprojek verseker dat inwoners en nooddienste strate makliker kan identifiseer – veral wanneer die nooddienste vinnig moet reageer. ’n Skrywe is reeds aan die begin van die projek in 2020 by die Mangaung Metro ingedien, maar AfriForum het geen terugvoer ontvang nie.
“Ons kan nie net terugsit en kyk hoe Bloemfontein agteruitgaan weens swak munisipale bestuur nie. Ons wil inwoners aanmoedig om by die plaaslike AfriForum-takke aan te sluit om self ’n skoon en veilige omgewing te skep,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die verskil: SMS “Bloemfontein” na 45266 (R1).