Header Artwork
AfriForum doen opknappingswerk in Bethal

Die AfriForum-tak in Bethal het die afgelope tyd verskeie projekte voltooi om die dorp se beeld te verbeter en om inwoners te ondersteun.

’n Stopteken is op die hoek van Malherbe- en Chris Hanistraat, asook op die hoek van Malherbe- en Jabulani Selepistraat vervang om motoriste se veiligheid te verseker. Die gras langs die N17 is gesny en hierdie projek gaan deurlopend voortgesit word.

AfriForum en Kaka Lai maak die 30 asblikke weekliks leeg om die dorp skoon te hou. Hierdie projek word reeds vir meer as ’n jaar suksesvol in Bethal geïmplementeer.

Die plaaslike polisiestasie is ontsmet om die risiko om COVID-19 op te doen, te verlaag.

Die AfriForum-tak het ook twee besendings groente wat boere geskenk het, opgelaai en na die dorp se sopkombuis vervoer.

“Ons glo sterk dat volhoubare gemeenskapsinisiatiewe die enigste manier is om die dorp op te hef en inwoners te ondersteun,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Raak by jou naase AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN