Header Artwork
AfriForum se Springs-buurtwag help brandweer by brandende huis

AfriForum se Springs-buurtwag het op 5 Julie die plaaslike brandweer gehelp by ’n brandende huis. Die plaaslike tak het ’n waterwaentjie wat vir brandbestrydingsdoeleindes gebruik word.

Ongelukkig het vlamme die hele huis verswelg. Die huis het bestaan uit vyf kamers wat individueel uitverhuur is aan tussen vyf tot tien mense. ’n Gasstoof wat na bewering verkeerd gekoppel was, het vermoedelik die brand veroorsaak. Niemand is in die voorval beseer nie.

Dit is nie die eerste keer dat dié buurtwag die plaaslike brandweer help nie. Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, is dit al die soveelste keer dat die buurtwag help in noodgevalle.

Intussen het AfriForum se Springs-tak op 4 Julie ’n massaveiligheid- en sigbaarheidsprojek vir Juliemaand in die Daggafontein- en Struisbult-gebiede begin. Die tak sal deur die loop van die maand weekliks massasigbaarheidsoperasies uitvoer.

“Die idee met elke sigbaarheidsoperasie is om misdaad in die Springs-gemeenskap te bekamp,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Die sigbaarheidsoperasies sal aan die einde van Juliemaand afsluit wanneer al 162 buurtwagte in die land aan AfriForum se nasionale patrollie gaan deelneem.

“AfriForum se Springs-tak is voorwaar ’n voorbeeld van hoe ’n goed geoliede masjien moet funksioneer. Daar is nooit ’n situasie wat te groot of te moeilik is vir dié tak nie,” sê Ungerer.

Raak vandag by die plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur aan springs@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN