Header Artwork
AfriForum se Schweizer-Reneke-tak skenk vleis

Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het op 29 Julie 2020 in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 200 kg vleis aan die Silwerjare Tehuis vir Bejaardes geskenk om die tehuis te ondersteun en die honger te verlig.

“AfriForum het aan die gemeenskap gewys dat ons inwoners in krisistye en in nood sal ondersteun. Ons wil die gemeenskap verseker dat ons hier is om te bly en ’n verskil te maak waar ons kan,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om die skenking te kan maak. AfriForum se Schweizer-Reneke-tak is bevoorreg om te midde van ’n pandemie nog steeds mense met voedsel te kan help,” sê Sollie Bouwer, voorsitter van AfriForum se Schweizer-Reneke-tak.

Die tehuis het die skenking met ope arms verwelkom en die twee organisasies bedank vir die broodnodige voedsel.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN