Header Artwork
AfriForum se Sasolburg-tak vul meer as 100 slaggate in Julie

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Julie 2021 meer as 100 slaggate gevul. Altesaam drie slaggate in Arnotstraat, 55 in Gamsberg- en Prinsbergstraat en 63 in Eros- en Roggeveldstraat is deur die loop van die maand herstel. Die tak het 62 sakke teer gebruik om die slaggate te vul.

Die AfriForum-buurtwag in Sasolburg het tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng 100 voertuie gemobiliseer om die dorp te beveilig. Die tak het ook noodvoorrade ingesamel vir mense in KwaZulu-Natal om ’n bydrae te lewer aan diegene wat in nood verkeer het.

“Sasolburg se AfriForum-tak is net nooit ledig nie. Baie dankie vir die onbaatsugtige werk wat julle doen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN