Header Artwork
AfriForum se Rustenburg-tak stig plaaswag in Buffelshoek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 12 November die Buffelshoek-plaaswag gestig ná verskeie vergaderings met lede van die landelike gemeenskap van Buffelshoek buite Rustenburg gehou is. Dít volg nadat lede van dié gemeenskap AfriForum genader het om hulle te help om veiligheid in die omgewing op te skerp.

“Soos almal weet is plaasaanvalle en grondgrype ’n reuse-uitdaging in landelike gebiede. Buffelshoek is ’n landbougemeenskap wat ook hierdie uitdagings in die gesig staar. Ná vergaderings met die gemeenskapslede is ons baie opgewonde om die plaaswag te stig om sodoende veiligheid in die gebied te prioritiseer,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Hierdie plaaswagstigting is die produk van vele gesprekke en ’n dringende behoefte om ons gemeenskap te beveilig. Ons is baie dankbaar vir almal se goeie gesindhede en sien regtig daarna uit om die pad saam met almal te stap,” sê Gerhard Faber, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Noordwes.

“AfriForum en sy lede dien gemeenskappe op verskeie maniere. Veiligheid is ’n belangrike komponent daarvan. Ons eer graag die manne en vroue wat hul eie tyd en hulpbronne hiervoor aanwend. Ons sien uit na goeie en vrugtevolle samewerking met ons plaaslike SAPD, plaaslike regering en ons vriende in die landbougemeenskap,” sê Joseph Renaud, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek.

Word vandag nog deel van AfriForum se Rustenburg-tak: SMS “Rustenburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN