Header Artwork
AfriForum se Rustenburg-tak ontlok reaksie by munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Rustenburg het die afgelope drie weke die vordering van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit se aksieplan vir verbeterde kragvoorsiening in die R24-gebied fyn dopgehou. Die munisipaliteit het dié aksieplan verskaf ná AfriForum se volgehoue druk by wyse van die rig van skrywes aan sowel die munisipaliteit as Nersa in verband met die onderbreking in die kragvoorsiening.

“Ons is baie bly oor die vordering wat gemaak is vir die konstruksie van die nuwe kraglyn sedert die skrywes wat ons aan die munisipaliteit gerig het. AfriForum is hoopvol dat dit die probleem wat al jare voortduur gaan oplos. Volgens die munisipaliteit sal die nuwe lyn teen einde Februarie 2021 voltooi wees, wat verbeterde kragvoorsiening na die R24-gebied sal verseker. Dit is krities om hierdie projek se tydlyn te moniteer en verdere druk toe te pas indien nodig,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“AfriForum se Rustenburg-tak is dankbaar vir die vordering van hierdie projek. Dit is egter belangrik dat ons as gemeenskapslede al hoe meer betrokke raak by dienslewering. Ons moet saam met die munisipaliteit werk en daar waar hulle te kort skiet moet ons as gemeenskap dit self doen,” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

Gemeenskapslede word aangemoedig om by AfriForum betrokke te raak: SMS “Rustenburg” na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN