Header Artwork


AfriForum se Roodepoort-tak het in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), veiligheidsinstansies en sekuriteitsmaatskappye op 23 Mei 2019 aan ’n gesamentlike klopjag onder leiding van die SAPD (Florida, West Rand K9, Tshwane, Sedibeng en TRT) op onwettige mynboubedrywighede toegeslaan.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op toerusting nadat drie sorteringsbedrywighede ook gesluit is.

“Klopjagte wat saam met die SAPD en veiligheidsinstansies geskied is baie belangrik om onwettige bedrywighede te stuit. AfriForum sal aanhou om op hierdie manier misdaad te bekamp,” sê Dewet Ungerer, assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veiligheid” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN