Header Artwork
AfriForum se Roodepoort-buurtwag woeker in Februarie

AfriForum se Roodepoort-buurtwag het gedurende Februarie goeie samewerking met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsinstansies aktief bevorder.

Die SAPD versoek die Roodepoort-buurtwag weekliks om aan hul operasies deel te neem, en die buurtwag het in Februarie reeds vier sulke operasies meegemaak. ’n Verskeidenheid van take word tydens dié operasies uitgevoer, onder meer klopjagte vir dwelms, onwettige mynbedrywighede, plofstof en vuurwapens. ’n Groot hoeveelheid dwelms is ook by skole gekonfiskeer.

Onwettige immigrante en voortvlugtiges is ook aangekeer en in hegtenis geneem. Hierdie operasies is onder leiding van die SAPD uitgevoer, terwyl die plaaslike GPF en ander sekuriteitsmaatskappye ook daaraan deelgeneem het.

Twee gesteelde voertuie en een ontvoerde persoon is ook met die ondersteuning van die GPF en ander buurtwagte opgespoor.

“Dit is elke instansie se verantwoordelikheid om goeie en positiewe samewerkingsooreenkomste met ander strukture te bewerkstellig. Ons kan met trots sê dat ons elke maand in Roodepoort op sulke ooreenkomste voortbou,” sê Fanie Naudé, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

Die Roodepoort-buurtwag het ook hul maandelikse sigbaarheidspatrollie op 22 Februarie gehou, waaraan 77 patrolleerders van verskeie plaaslike veiligheidstrukture deelgeneem het.

“AfriForum se Roodepoort-tak wil elkeen wat by die patrollie betrokke was vir hul deelname bedank, asook vir hul toewyding om die gemeenskap te beveilig,” sê Carike van Loggerenberg, projekkoördineerder vir AfriForum se Roodepoort-tak.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike buurtwag aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN