Header Artwork

 

AfriForum se Richardsbaai-tak het op Saterdag 13 April 2019 gehelp om ’n verdagte te arresteer. Dié verdagte is gesoek in verband met verskeie sake van poging tot moord in Springs, Gauteng, waar een persoon glo later aan sy wonde beswyk het.

Die verdagte is vasgetrek nadat buurtwaglede hom herken het op foto’s wat op pamflette en sosiale media versprei is.
Die buurtwaglede het dadelik die polisie geskakel en ’n opvolgoperasie het daartoe gelei dat die hy gearresteer is.

“Ek kan nie in woorde beskryf hoe dankbaar ek is en watter eer en voorreg dit is om saam met sulke toegewyde spanlede – insluitend die mans- en vrouepolisiebeamptes – te werk nie. Ek kan net sê welgedaan aan almal wat betrokke was om hierdie bedreiging uit ons gemeenskap te haal,” sê Ian Rapson, voorsitter van AfriForum se Richardsbaai-tak.
“Dit is uiters positief om te sien hoe die gemeenskap en die polisie saamspan om misdaad te bekamp,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Help jóú gemeenskap en raak by AfriForum betrokke: SMS “Richardsbaai” na 45267 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN