Header Artwork
AfriForum se Reitz-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Reitz het op 18 April 2020 handreiniger aan ouetehuise in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het 35 botteltjies, wat altesaam 22 liter is, aan Huis Sorgvry en Huis St. Pauls geskenk.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die instansies wat handreiniger ontvang het, was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het ook groot waardering vir die personeel wat na hulle omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN