Header Artwork


Die AfriForum tak in Pretoria-Wes het tussen 14 en 24 November 2017 ’n aantal slaggate in Quaggastraat in dié voorstad opgevul. Dit het sowat 6 ton teer behels.

“Die gemeenskap nader AfriForum in baie gevalle om munisipalediensleweringskwessies behoorlik aan te spreek. Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit omdat swak paaie tot ongelukke kan lei. AfriForum gaan hierdie kwessie ook met die Tshwane Metroraad opneem,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.
“Ons tak wil die gemeenskap bystaan met kwessies wat die hele gemeenskap raak. Die tak is trots daarop dat ons mense kan help,” voeg Francois Oberholzer, voorsitter van AfriForum se Pretoria-Wes-tak, by.

Raak vandag betrokke deur “Slaggat” na 45341 te SMS (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN