Die AfriForum-tak in Piet Retief het ontsmettingsproeiers en -middels aan vier skole voorsien sodat hierdie skole veilig kon heropen en hul klaskamers daarna daagliks kan ontsmet.
Laerskool Piet Retief, Hoërskool Piet Retief, Maranatha School en Wittenberg Schule het hierdie toerusting en ontsmettingmiddels ontvang.
“Ons is dankbaar om skole in hierdie moeilike tyd by te staan. Skole ervaar groot finansiële druk weens die staat van inperking en ontvang ook weinig tot geen hulp van die staat nie. AfriForum hoop om met hierdie skenking die las vir skole te verminder,” sê Gërhard Böhmer, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.
Raak by AfriForum se Piet Retief-tak betrokke en help ons om ’n verskil in die gemeenskap te maak: SMS “Piet Retief” na 45350 (R1).