Header Artwork
AfriForum se Piet Retief-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie saam met SAPD

Vrywilligers van die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het die afgelope naweek weer eens aan ’n suksesvolle sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Altesaam 48 patrolleerders het deelgeneem en die plaaslike polisiestasie het nege van sy polisiebeamptes vir die patrollie beskikbaar gestel. Ses verkeersbeamptes het ook daaraan deelgeneem.

Tydens die patrollie het ’n konvooi elke sektor in Piet Retief besoek en die SAPD en verkeersbeamptes het verskeie verkeerskaartjies uitgereik, waaronder vir onpadwaardige voertuie. Verkeersbeamptes het voertuie afgetrek en saam met die polisie deursoek.

Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n verdagte persoon vasgetrek wat uit ’n vangwa ontsnap het, terwyl nóg ’n verdagte – wat ’n sakeperseel betree het – tydens die patrollie in hegtenis geneem is.

“Dit is vir ons belangrik om hierdie inisiatief gereeld uit te voer om voortdurend sigbaarheid in die gemeenskap te verseker en om kriminele aktiwiteite in ons dorp te beperk. Die gemeenskap se insette en hulp word hoog op die prys gestel en kan tot almal in Piet Retief se veiligheid bydra,” sê Gerhard Böhmer, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-buurtwag.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN