Die AfriForum-tak in Phalaborwa het op Saterdag 8 Mei deelgeneem aan AfriForum se tien dag-slaggatherstelprojek wat deur die loop van Mei plaasvind. Hierdie projek behels die opvul van soveel as moontlik slaggate binne tien dae.
Die tak het 40 sakkies teer gebruik en al die slaggate in Mopaniestraat opgevul. Die tak beplan om binnekort nog ’n dag aan te pak waar slaggate opgevul sal word en moedig lede van die gemeenskap en sakeondernemings aan om deel te word van hierdie projek.
“Die munisipaliteit versuim om die dorp se paaie in stand te hou. Die slaggate is ’n geweldige risiko vir motoriste in Phalaborwa. Daar waar die munisipaliteit nie hul werk doen nie, sal AfriForum toetree om die gemeenskap te help,” sê Dina Smit, sekretaresse van die AfriForum-tak in Phalaborwa.
Raak betrokke by die AfriForum-tak in Phalaborwa: SMS jou naam na 45340 (R1).