Header Artwork
AfriForum en Rand Water bereik ooreenkoms oor Emfuleni-waterkrisis

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n ooreenkoms met Rand Water bereik oor die waterkrisis wat oor die afgelope maande in Emfuleni en Victor Khanye heers. Dié gemeenskappe ervaar sedert Februarie vanjaar ernstige waterprobleme.

Rand Water het vroeër ’n verlaging in die waterdruk ingestel as ’n kredietbeheermaatreël weens wanbetaling deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Dié munisipaliteit skuld Rand Water reeds meer as R1 miljard, maar het al telkemale betalingsooreenkomste met Rand Water verontagsaam.

Op 15 April 2021 het AfriForum hofstukke teen Rand Water ingedien in ’n poging om dié entiteit te dwing om voldoende watertoevoer na die betrokke gemeenskappe te herstel. Die organisasie het onder meer in sy hofstukke versoek dat Rand Water gedwing word om watertoevoer na die gemeenskappe onmiddellik te herstel en dat dié entiteit verhoed word om waterdruk in die toekoms as kredietbeheermaatreël te verlaag.

Rand Water het versoek dat ’n ooreenkoms oor die kwessie buite die hof bereik word. Die ooreenkoms behels onder meer dat AfriForum sy hofsaak terugtrek op voorwaarde dat Rand Water onderneem om die waterdruk te herstel en nie weer in die toekoms die waterdruk te verlaag nie. Dié ooreenkoms is deur die hof bekragtig. Die waterdruk is luidens berigte reeds in groot dele van Emfuleni herstel.

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, sê die ooreenkoms is ’n reuseoorwinning vir die gemeenskap. “Dit is ’n bewys dat groot entiteite nie die gemeenskap van basiese menseregte kan ontneem nie. Dit bly vir AfriForum ’n prioriteit om gemeenskappe regte te beskerm.”

Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is dit vir AfriForum ’n voorreg om gemeenskappe in moeilike tye by te staan. “Dit is vir ons ’n groot sukses wanneer ons kan toesien dat gemeenskappe – wat voorheen gesukkel het om basiese huishoudelike take weens ’n tekort aan water uit te voer – nou gerus kan wees oor dié kwessie.”

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN