Header Artwork
AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem deel aan massapatrollie

AfriForum se buurtwagte in Alberton, Boksburg, Brakpan, Benoni, Edenvale, Germiston, Kempton Park en Springs het op 18 September 2020 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander buurtwagte aangepak.

Altesaam 234 AfriForum-lede en 308 ander patrolleerders het 13 869 km in 219 voertuie afgelê. 25 voorvalle is tydens die patrollie hanteer.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping en AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en veiligheidsinstansies hok te slaan. AfriForum se veiligheidspan wil graag die SAPD, GPF en ander deelnemers bedank vir die uitstekende samewerking en goeie koördinering tydens die massapatrollie,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN