Header Artwork
AfriForum se Oos-Moot-tak maak spruit skoon

AfriForum se Oos-Moot-tak het op 23 Januarie 2021 die spruit op die hoek van Anna Wilson- en Lynettestraat skoongemaak. Die gebied by dié spruit was erg bebos wat dit ook uiters onveilig gemaak het. Dié projek is deel van ’n reeks projekte wat daarop gemik is om probleme in die gemeenskap self op te los.

“Die gemeenskap het werklik hande gevat om die gebied op te knap. Ons wil almal wat betrokke was bedank en die gemeenskap ook uitnooi om by AfriForum se projekte betrokke te raak om die omgewing te beveilig en te verbeter,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Ons het groot waardering vir AfriForum se Oos-Moot-bestuur en -lede se inisiatief. Ons is trots om deel te wees van só ’n selfdoengemeenskap wat nie net praat nie, maar eerder doen.”

Raak vandag nog by AfriForum se Oos-Moot-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS “Oos-Moot” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN