Header Artwork


Die AfriForum-tak in Nylstroom het ’n verstopte afvoersloot herstel. Die verstopping het veroorsaak dat stormwater in Nelson Mandelastraat, die ingangspad na die dorp net ná die treinbrug, opdam.
Chris Boshoff, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, sê dié probleem het ’n groot veiligheidsrisiko vir motoriste ingehou, wat AfriForum genoodsaak het om in te gryp. Boonop was daar ook slaggate in dié pad wat nie onder die water gesien kon word nie.

“Danksy die hulp van gemeenskapslede kon die probleem spoedig opgelos word. Die tak bedank die gemeenskap en in besonder vir Jaco Vosloo, ’n AfriForum-lid, wat ’n stootskraper voorsien het om die herstelwerk te voltooi,” sê Tjaart du Plessis, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-tak.

Sluit by AfriForum aan: SMS “Tak” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN