Header Artwork
AfriForum se noordstreek-beheerkamer bied ondersteuning aan buurtwagte

AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in Maart 2021 meer as 900 gevalle aangemeld en hanteer. Die beheerkamer het ook AfriForum se buurtwagte in dié provinsies ondersteun. Die doel van die beheerkamer is om AfriForum-buurtwagte te versterk en te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word.

AfriForum-buurtwagte in dié drie provinsies het tydens Maart 607 patrollies gehou (242 in Gauteng, 143 in Mpumalanga en 222 in Limpopo) waaraan 1 036 mense deelgeneem het.

“Die beheerkamer bied talle voordele vir AfriForum se buurtwagte. Dit voeg waarde toe omdat misdaadtendense uitgewys word, asook watter tipe misdaad in sekere gebiede toeneem,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“Met betrekking tot tendense wat toeneem doen AfriForum ’n beroep op lede van die publiek in Gauteng om waardevolle items uit hul voertuie te verwyder en ook seker te maak dat voertuie op ’n veilige plek parkeer word omdat voertuigdiefstal gedurende Maart 2021 toegeneem het,” sluit Coetzer af.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en word deel van die verskil: SMS jou dorp se naam na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN