Header Artwork
AfriForum se Nelspruit-tak help Pro Gratia-skool

Die AfriForum-tak in Nelspruit het as deel van dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-projek die Pro Gratia-skool gehelp om klaskamers te herstel.

Die Pro Gratia-skool buite Nelspruit is ’n skool vir leerders met leergestremdhede. Die skool is onder geweldige finansiële druk en die plaaslike tak spring gereeld in en help waar nodig.

Vier klaskamers by die skool is onlangs beskadig ná hewige donderstorms en ’n inbraak. Die tak het gehelp met herstelwerk aan dié klaskamers, asook met verdere algehele herstelwerk. Klaskamers se vensterrame is vervang, vloere se onderkant is versterk, ’n nuwe houtbedekking is bo-oor die bestaande vloer geïnstalleer en gapings in die houtpanele van die klaskamers is opgevul.

Daar word reeds beplan om nóg vyf klaskamers reg te maak sodat al die klasse uiteindelik opgeknap is. Die projek behoort voor einde Desember afgehandel te wees.

“Dit is ons plig om instansies soos Pro Gratia by te staan. Die skool verrig ’n belangrike werk om kinders met leergestremdhede by te staan,” sê Devon McCullough, voorsitter van AfriForum se Nelspruit-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum se Nelspruit-tak aan: SMS “Nelspruit” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN