Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum se nasionale patrollie, waaraan nagenoeg 3 000 lede uit 104 van dié organisasie se buurt- en plaaswagte deelgeneem het, het die afgelope naweek plaasgevind.

Altesaam 77 054 km is met 1 859 voertuie en in 10 842 man-ure afgelê. Meer as 100 voorvalle is suksesvol tydens dié patrollie hanteer.
Ander deelnemers aan die nasionale patrollie het 206 veiligheidsinstansies ingesluit, waaronder die SAPD, privaat sekuriteitsmaatskappye, nooddienste, verkeersdienste, verskeie gemeenskapspolisieringforums (GPF’s) en insleepdienste.

“’n Nasionale sigbaarheidsaksie van dié aard hou beslis voordele vir ons gemeenskappe in, veral as ons die hoeveelheid voorvalle in ag neem wat ons teëkom. Die sleutel tot volhoubare sukses lê egter in goeie samewerking tussen die AfriForum-takke en ander plaaslike veiligheidsinstansies,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
“Die doel van AfriForum se nasionale patrollie is om gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer en om sigbaarheid en samewerking tussen alle kernrolspelers in misdaadbekamping op ’n nasionale, sowel as op plaaslike vlak te verbeter,” sê David Olivier, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, Vrystaat en Noordwes.
“Nasionale sigbaarheidsprojekte soos hierdie is nodig om die SAPD met misdaadvoorkoming en -bekamping by te staan. Die gemeenskap speel ’n integrale rol in hierdie opsig, asook om verantwoordelikheid vir hul onderskeie omgewings se veiligheid te aanvaar,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1 per SMS).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN