Die AfriForum-tak in Naboomspruit het op 24 Februarie 2021 die pompstasie en die sypaadjies in die dorp skoongemaak om die onversorgde toestand van die dorp te verbeter.
Dit volg nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor die toestand van die dorp en die munisipaliteit versuim om skoon te maak.
“Ons wil ’n verskil in die dorp maak en elke werker het die reg tot ’n veilige en skoon werkplek, maar die munisipaliteit kweek geen lojaliteit en trots by hulle werkers nie. Ons gee met hierdie projek ’n mate van selfrespek aan die werkers terug,” sê Lucas Bornman, ondervoorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak.
Volgens Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is dit ook belangrik om mense betrokke te kry by hierdie inisiatief sodat die #VegEnBou-strategie voortgaan.
Raak vandag nog by AfriForum se Naboomspruit-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).