Header Artwork
AfriForum se Moreletapark-tak pak skoonmaakprojek aan   

Die AfriForum-tak in Moreletapark het op 1 Mei 2021 in samewerking met die Tshwane-metro ’n skoonmaakprojek in die Moreletapark-omgewing aangepak. Die projek het onder meer die verwydering van onwettige plakkate behels, asook die optel van vullis.

’n Plakkaat moet ’n goedkeuringstempel van die metro ontvang voordat dit opgesit mag word, terwyl die stempel ook slegs vir ’n sekere tydperk geldig is. Die tak het opgemerk dat talle plakkate in hierdie omgewing glad nie deur die metro goedgekeur is nie en dus onwettig opgesit is.

“AfriForum sal aanhou om ’n skoner en beter omgewing vir almal te skep. Onwettige plakkate is aan die toeneem en ons wil graag mense aanmoedig om die regte prosesse te volg voordat plakkate opgesit word,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Die projek was ’n reusesukses en ons wil graag elke deelnemer bedank wat tyd opgeoffer het om ’n sukses daarvan te maak. Ons wil ook graag die span van Tshwane-metro bedank wat hierdie projek saam met ons aangepak het,” sê Dewald la Grange, voorsitter van AfriForum se Moreletapark-tak.

Die tak beplan om verskeie groot projekte gedurende die jaar aan te pak en wil graag die gemeenskap uitnooi om aan hierdie projekte deel te neem.

Besoek gerus die AfriForum-tak in Moreletapark se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groep aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Moreletapark-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Moreletapark” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN