Header Artwork
AfriForum se Moot- en Wes-Moot-tak pak skoonmaakprojek aan

AfriForum se Moot- en Wes-Moot-tak het op 7 November ’n skoonmaakprojek tussen 4de en 5de Laan agter Laerskool Boerefort in Wonderboom-Suid aangepak.

Ná verskeie klagtes uit die gemeenskap het dié twee takke ingespring om die omgewing vir almal te verbeter.

“Projekte soos dié dien as konkrete bewys dat gemeenskapstrukture hulself vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms moet beywer en self betrokke moet raak om probleme proaktief op te los. Die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum-takke se projekte in te skakel,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-area.

“AfriForum se strukture sal voortgaan om seker te maak dat ’n gesonde omgewing vir almal geskep word en sal die nodige druk toepas om te verhoed dat dieselfde probleme herhaal word. Ons is dankbaar vir elkeen wat tyd opgeoffer het om deel te neem aan hierdie projek,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid-area.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN