Header Artwork


AfriForum se Meyerspark-buurtwag was op 6 Augustus die eerste veiligheidsinstansie op ’n motorkapingstoneel waar een van die verdagtes vasgetrek is. Die polisie sit die ondersoek na die tweede verdagte en die gesteelde voertuig voort.
Die voertuig is na bewering in Anne Marie-straat in Meyerspark gesteel en die verdagte is vasgetrek op die hoek van Le Roux- en Kritzingerstraat in Meyerspark.

“Ek wil ons buurtwaglede bedank vir hul onbaatsugtige, vrywillige optrede en goeie, vinnige reaksie,” sê Andre Badenhorst, AfriForum se Meyerspark-takvoorsitter.
“Hierdie is ’n uitstekende voorbeeld van ’n goed georganiseerde buurtwag wat te midde van ’n misdaadsituasie vinnig gereageer het,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Meyerspark” na 45341 (R1) of stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@antiek.afriforum.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN