Header Artwork
AfriForum se Malmesbury-tak plant bome

AfriForum se Malmesbury-tak het op Vrydag 16 Julie 2021 vier bome in samewerking met die Swartland Plaaslike Munisipaliteit by die gemeenskapsaal in Riebeeck-Kasteel geplant.

Die tak het twee waterbessies (Syzygium cordatum), een witkaree (Sersia pendulina) en een wildepruim (Harpephyllum caffrum) geplant.

Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak, het haar hoop uitgespreek dat die gemeenskap die skadu wat hierdie bome bied nog in die toekoms gaan geniet en dat dit ook in hierdie onsekere tye belangrik bly om bome te plant en na die natuurlike omgewing om te sien.

“Om bome te plant is om iets aan die omgewing terug te gee. Ons as samelewing haal soveel uit die omgewing uit met ons daaglikse take, maar sit so min terug. Ons wil die omgewing gesond en sterk hou sodat ons vir ons kinders ’n goeie nalatenskap kan skep,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineer vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n vooruitstrewende en groener toekoms. SMS “Malmesbury” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN