Header Artwork
AfriForum se Limpopo-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Limpopo-buurtwagte het oor die naweek aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Op 18 September het AfriForum-buurtwagte saam met verskeie veiligheidsinstansies, sekuriteitsfirmas en die SAPD gewerk om verhoogde sigbaarheid, kommunikasie, samewerking en mobilisering te bewerkstellig.

Sowat 179 AfriForum-buurtwaglede het in Limpopo deelgeneem aan dié patrollie. Daar was in totaal 184 voertuie van AfriForum-buurtwaglede en ander instansies wat van 18:00 Vrydagaand tot 06:00 Saterdagoggend in Limpopo patrollie gery het. Tydens hierdie aksie is ’n gesteelde voertuig teruggevind, hulp is in die soektog na ’n vermiste seun asook by voertuigongelukke verleen en die SAPD is ondersteun in die inhegtenisneming van persone vir openbare dronkenskap.

Andries Opperman, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Limpopo, het die buurtwaglede vir hulle onbaatsugtige diens bedank. “Ons sien met aksies soos dié hoe gemeenskappe, binne die raamwerk van die wet, eienaarskap neem van hulle eie veiligheid en doelgerig ’n netwerk van samewerking vestig om op só manier hulle voorspoedige voortbestaan te verseker.”

Om by AfriForum se veiligheidstrukture in Limpopo aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN