Header Artwork


Die AfriForum-tak in Lichtenburg en die CVO Skool Lichtenburg het op Vrydag 3 Mei 2019 die straat en parkeerarea voor die skool opgeknap. Randstene, stippellyne, parkeerstrepe en twee spoedhobbels is uiteindelik nuut geverf.

“Mnr. Botha, die skoolhoof, was baie entoesiasties oor die aksie en het besluit om die hele skool – van Graad R tot Graad 12 – vir die dag af te gee sodat hulle AfriForum met die aksie kon help. As gemeenskap kan ons nie langer toekyk hoe ons dorp agteruitgaan nie. Ons moet saamstaan en meer selfonderhoudend wees,” sê Gerhard Nieuwoudt by die jeugvleuel van AfriForum se Lichtenburg-tak.
“AfriForum wil almal wat met dié projek gehelp het hartlik bedank en nooi die gemeenskap van Lichtenburg uit om meer by soortgelyke selfdoenaksies betrokke te raak. Saam kan ons Lichtenburg weer ’n pragdorp maak,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder van Marico.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN