Header Artwork
AfriForum se Lichtenburg-tak doen opknappingswerk aan paaie vir matriekafskeid

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 10 Desember 1,5 ton teer gebruik om slaggate in Breëstraat, voor die Scott’s Manor Gastehuis, op te vul. Tydens dié projek is die sypaadjies en parkeerplekke ook geverf. Hierdie projek is aangepak om die gebied voor te berei en netjies te maak vir die Hoërskool Lichtenburg se matriekafskeid wat op 11 Desember by die gastehuis plaasvind. Die opknappingswerk het die tak ongeveer R5 000 gekos.

“Die paaie in Lichtenburg is in ’n haglike toestand weens die onbekwaamheid en wanbestuur van die munisipaliteit. Ons moet egter iewers begin en het dit goed gedink om Breëstraat te teiken en sodoende die gebied netjies en veilig te maak vir die matriekafskeid,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Hierdie was ’n baie ontwrigtende jaar vir matrikulante as gevolg van COVID-19. Hulle verdien dit om ’n glansgeleentheid by te woon om hul skoolloopbaan af te sluit. Niemand wil deur ’n klomp slaggate na jou matriekafskeid toe ry nie. AfriForum het daarom betrokke geraak om te verseker dat dit ’n aangename ervaring vir die leerders is,” sê Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN